Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 22 APRIL 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

DIE ZS4 NAELLOOP VANMIDDAG

DIE ZS9YOTA UITDAGING

en

SDR WERKSWINKEL BY NARS OP 5 MEI

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE ZS4 NAELLOOP VANMIDDAG

Die ZS4 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Vrystaat en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder en is op Sondag 22 April 2018 vanaf 14:00 tot 16:00 UTC op die lug. Dit is 'n foon en gelykgolf kompetisie op die 40 meter band met ESB aktiwiteit tussen 14:00 - 15:00 UTC op 7 063 - 7 100 en 7 130 - 7 200 kHz en gelykgolf aktiwiteit vanaf 15:00 - 16:00 UTC op 7 000 tot 7 040 kHz. Luister uit vir die Radioklubs in die Vrystaat, 'n QSO is 5 punte werd.

Logstate, in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat en gemerk "my roepsein ZS4 Naelloop" sal teen 30 April 2018 per e-pos ingedien word by zs4srk@gmail.com. 'n Sertifikaat word toegeken vir 1ste, 2de en 3de plek in beide kategorieë. Raadpleeg die 2018 Blouboek vir die kompetisie reëls.

DIE ZS9YOTA UITDAGING

Verlede Saterdag by die SARL AJV het Noel, ZR6DX, alle radio amateurs uitgedaag om R100 te skenk aan die ZS9YOTA fonds vir die komende YOTA Somerkamp wat in Augustus in Suid-Afrika gehou sal word. Die Centurion ARK het alle radio klubs uitgedaag om R500 aan die ZS9YOTA fonds te skenk.

Jou finansiële ondersteuning as individu of as 'n klub is van uiterste belang vir die ZS YOTA geleentheid. Geen bydrae is te klein nie. Jou naam sal bygevoeg word by die Individuele Borge lys op www.zs9yota.co.za en in Radio ZS. Ondersteun asseblief ZS9YOTA met 'n bydrae via PayPal of 'n EFT in die SARL bankrekening en gebruik asseblief YOTA-jou roepsein as 'n verwysing, bv. YOTA-ZS4BFN. Stuur asseblief 'n e-pos aan ons deur middel van die "Word 'n borg" bladsy om ons in te lig oor jou bydrae. Besoek www.zs9yota vir al die besonderhede.

SDR WERKSWINKEL BY NARS OP 5 MEI

Die SDR-werkswinkel by die NARS op 5 Mei sal antenna vraagstukke vir die SARL RF Geraas Monitering Projek aanspreek. Hierdie is ‘n gesamentlike SARL/AMSATSA projek met spesiale fooie vir lede van beide organisasies. Die werkswinkel op Saterdag 5 Mei begin om 09:00 en daar sal 'n verslag wees oor die SARL RF Geraas Monitering Projek. Ander onderwerpe wat gedek word sluit in hoe om die oplaai van die data na die bediener te outomatiseer, 'n inleiding tot GNU Radio deur Anton Janovsky, ZR6AIC, en 'n bespreking oor die beste antenna om te gebruik vir die geraas monitering projek met Vincent Harrison, ZS6BTY.

Die koste is R50 vir SARL en AMSATSA lede en R100 vir nie-lede. Registrasiebesonderhede is op www.amsatsa.org.za. Daar sal geen kontant fasiliteite by die werkswinkel wees om kontant te hanteer nie. Gebruik asseblief EFT.

By die SARL Nasionale Konvensie wat laas naweek gehou is, het die SARL ‘n pamflet versprei oor die RF Geraas monitering projek. Die pamflet is nou beskikbaar vir aflaai van die SARL tuisblad by www.sarl.org.za.

AFRIKA-STATE SUID VAN DIE EWENAAR IS GOEIE METEOR STROOI TEIKENS

Dit is 'n min bekende feit dat vanaf Gauteng tot byna by die ewenaar, bestaan daar 'n groot gebied om die sterk meteoor verspreiding op 50 MHz gedurende die groot jaarlikse meteoor buie te verbeter. Baie Afrika HF-operateurs besit reeds HF-send/ontvangers wat toegerus is vir 50 MHz ESB-werking. Die SARL meteoor strooi-rekord in Afrika staan tans op ongeveer 2 000 km op 50 MHz ESB tussen ZR2DX en TO4E, maar hierdie afstand kan verbeter word. Dit sal 'n nuwe amateur radio BHF-wêreld in Afrika oopmaak wat ook ons RSA-operateurs in die suide kan bevoordeel. In die dae voor die digitale era, het Amerikaanse BHF-operateurs baie 50 MHz AM, FM, ESB en hoëspoed-gelykgolf meteoor strooi-kontakte gemaak. In Desember en Januarie sal jy 'n eksotiese Sporadiese-E-seisoen in Midde-Afrika beleef met byna daaglikse openinge. In volgende week se nuus item sal 'n eenvoudige metode beskryf word hoe om 50 MHz-analoog meteoor strooi-kontakte op ESB of FM op 'n maklike manier te maak.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

26 APRIL IS INTERNASIONALE MEISIES IN INLIGTING- EN TELEKOMMUNIKASIE TEGNOLOGIE-DAG

"Meisies kan ICT doen!" is die tema van die Internasionale Meisies in Inligting- en Telekommunikasie Tegnologie-dag (ICT) Dag op 26 April. 'n Inisiatief van die Internasionale Telekommunikasie Unie (ITU), het die Internasionale Meisies in die ICT-dag ten doel om 'n globale omgewing te skep wat meisies en jong vroue bemagtig en aanmoedig om loopbane in die groeiende ICT-veld te oorweeg," het die ITU gesê. Internasionale Meisies in ICT-dag word elke jaar op die vierde Donderdag van April gevier. Tot op datum het meer as 300 000 meisies en jong vroue deelgeneem aan sowat 9 000 vieringe van Internasionale Meisies in ICT-dag in 166 lande.

"Meisies in ICT-dag sal 'n broodnodige hupstoot gee aan vroulike deelname aan die ICT-sektor," het die ITU se Sekretaris-Generaal gesê. "Met baie lande wat nou vir die volgende 10 jaar 'n tekort aan geskoolde ICT-professionele persone voorspel, is dit noodsaaklik dat ons jong vroue in tegnologie lok indien ons gesonde groeikoerse vir die bedryf in die algemeen wil handhaaf." Meisies in ICT-dag moedig meisies aan om persoonlike belange en talent, nie stereotipes, hul loopbane te laat omskryf. "Dit bevorder 'n belangstelling in tegnologie, rekenaarwetenskap, nuwe kommunikasie media en ingenieurswese," het die ITU gesê.

AMSATSA RUIMTE SIMPOSIUM

Bespreek nou vir die AMSATSA Ruimte Simposium op Saterdag 19 Mei en bespaar op die registrasie fooi. Die vroeë-bespreking voordeel eindig binnekort waarna die volle registrasie fooi geld. Die simposium sal onderwerpe dek van hoe om ‘n SDR transponder te bou tot ‘n grond stasie vir die eerste amateur radio geostasionêre satelliet wat DX 24 uur per dag sal lewer. Talle van die aanbiedings sluit praktiese demonstrasies in. Daar is ook lekker bywoning pryse om te wen. Bespreek nou op www.amsatsa.org.za en kyk ook na die besonderhede van die aanbiedings.

ALLE AMATEUR BANDE GEWERK

Brian Justin, WA1ZMS, in Virginia, het die laagste band vir die laaste gehou. Op 11 April het hy 'n gelykgolf-kontak op die nuwe 2 200-meter-band met K3MF in Pennsilvanië voltooi om 'n reeks voltooide kontakte op al 29 Amateur Radio bande af te handel. Justin is van die ou skool. Hy het K3MF op gelykgolf gewerk en nou wag hy op 'n QSL-kaart. 'n Papier QSL-kaart!

Justin het gesê hy het begin deur aan die bande aan die hoë kant van die spectrum te werk, die toekennings bo 24 GHz. Teen 2003 het hy kontakte (en papier QSLs) op elke band van 1,8 MHz tot 300 GHz bevestig. Hy het sy kaarte aan die New England Swak Seingroep (NEWS) voorgelê, wat hom vereer het met 'n geraamde toekenning en gedenkplaat - die heel eerste "Worked All Bands" Toekenning.

Toe 630 en 2 200 meter in 2017 amptelik geword het, was Justin se werk uitgeknip. As een van die ARRL WD2XSH Eksperimentele stasies het hy vinnige werk op 630 meter en NO3M op ESB die dag nadat die bandvir Amateur Radio-werk geopen het, gekontak. Sy gelykgolf QSO op 2 200 meter het verlede week sowat 250 kilometer bereik. Hy hoop om die QSL-kaart hierdie week te kry.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Daar is tans 'n enkele sonvlek op die oostelike rand van die son sigbaar. Geen ernstige sonfakkels word verwag nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - die ZS4 Naelloop en die registrasie vir die Mei RAE sluit
24 April - die sluitingsdatum vir artikels vir die Mei Radio ZS
26 April - Internasionale Meisies in Inligting- en Telekommunikasietegnologie Dag
27 April - Vryheidsdag
28 April - Die Kaapstadse ARS-vergadering en die sluitingsdatum vir die herfs QRP logstate
30 April - die sluitingsdatum vir ZS4 Naelloop logstate
1 Mei - Werkersdag
5 Mei - die SDR-werkswinkel by die NARS
5 en 6 Mei - die AWA Buis QSO Geselligheid

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Verlede Saterdag by die SARL-AJV het Noel, ZR6DX, alle radio amateurs uitgedaag om R100 te skenk aan die ZS9YOTA fonds vir die komende YOTA Somerkamp wat in Augustus in Suid-Afrika gehou sal word. Die Centurion ARK het alle radio klubs uitgedaag om R500 aan die ZS9YOTA fonds te skenk. Besoek www.zs9yota vir al die besonderhede.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003